Die strydlustige en onaangename goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop, Pieter Noodt, sterf aan ‘n hartaanval in sy kantoor in die Kasteel de Goede Hoop. Daar word vertel dat sy gees vir dekades daaarna nog gesien is waar hy al vloekend in sy kantoor heen en weer loop. Noodt was bekend vir sy barbaarse behandeling van soldate, wat tot drostery gelei het. Vandag, 295 jaar gelede, het hy sewe soldate die doodstraf opgelê. Een van hulle het in ‘n vloek uitgeroep dat Noodt saam met hulle “voor God se oordeel sal staan”.
Die bode wat later die boodskap moes bring dat die doodstraf op die soldate uitgevoer is, het Noodt dood in sy stoel aangetref. Op Noodt se gesig was ‘n benoude uitdrukking van vrees. Sy onverwagte en onverklaarbare dood is destyds gesien as ‘n goddelike straf.
Die einste stoel is in die Koopmans-De Wet Museum uitgestal; kan dit dalk die rede wees hoekom hy miskien nog daar ronddwaal?

Leave a Reply